Die posisie van Kuddebestuurder: Bees en Skaap by n vooruitstrewende boerdery in die Oos Vrystaat is oop vir aansoeke, en nooi ons betroubare individue wat onafhanklik kan werk en n loopbaan wil bou om aansoek te doen.
Die ideale kandidaat het n Landbou kwalifikasie, 5 tot 10 Jaar ondervinding in alle aspekte van Voerkraal, Bees-(kommersieël & stoet) en Skaapboerdery.
Met bogenoemde vaardighede, gekoppel met trots op jou werk, goeie kommunikasie, bo-gemiddelde organisasie vermoë en bereidwilligheid om diens op 1 April 2021 te aanvaar, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Kuddegesondheid
- Identifisering
- Behandeling
- Biosekuriteit
- Voorkomendebestuur
- Weidingsbestuur
- Beplanning
- Drukbeweiding
- Watervoorsiening
- Aangeplante weiding
- Voeding
- Lekke
- Kruipvoer
- "Back rounding"
- Reproduksie
- Bestuur van Bulle en Ramme
- Dragtigheidsondersoeke
- Kalwers en Lammers
- Weeg
- Merk
- Onthoring/Sterte afsit
- Brandmerk/Tatoeëer
- Kuddes
- Monitor
- Tel
- Wol
- Skape skeer
- Wol klas
- Wol sak
- Voerkraal
- Meng van rantsoen
- Weeg
- Dieregesondheid
- Voeromsetverhouding
- Bemarking
- Instandhouding
- Heinings
- Hanteringsfasiliteite
- Brandbestuur
- Voorbrande
- Veldbrande
- Toerusting
- Administrasie
- Voorraadbestuur
- Rekordhouding
- Verslagdoening
- Sekuriteit op Plaas
- Ander pligte soos versoek van tyd tot tyd
Markverwante salaris eie aan die bedryf word vir die regte kandidaat aangebied.
Aansoeke sluit 15 Maart 2021.