Ons gewaardeerde kliënt in die Bloemfontein distrik het n uitdagende posisie beskikbaar vir n Plaasbestuurder: Akkerbou en nooi ons individue wat onafhanklik kan werk, pligsgetrou, en hardwerkend is om aansoek te doen vir dié posisie wat uitstekende groei geleenthede bied.
Die ideale kandidaat het meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van droëland bewerking (spesifiek Mielies, Sonneblom, Sugargraze en Hawer), goeie meganiese en onderhoud kennis van John Deere Trekkers en Stropers.
Met bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou kennis van kerf en berging van kuilvoer, sober gewoontes, bereidwilligheid om onreëlmatige ure te werk, kennis van besproeiing en goeie menseverhoudings sal ons graag jou aansoek ontvang.
Pligte:
- Algehele bestuur van die akkerbou gedeelte van die boerdery
- Bereiking van optimale produksie
- Effektiewe arbeidsbenutting
- Hulpbronne effektief aanwend
- Instandhouding van toerusting
- Veslagdoening
- Ander pligte soos deur bestuur verlang van tyd tot tyd
Markverwante salaris, voertuig vir werksdoeleindes en verblyf wat water en ligte insluit word aangebied vir die ideale kandidaat.
Maak asb seker dat jy aan al die kriteria voldoen voordat jy aansoek doen
Aansoeke sluit 15 Maart 2021